“n Afrikaanse gedig wat handel oor die magtelose teleurstelling en seer wat dikwels volg op die verwerping, minagting of verkleinering van anderse denke of geloof- met “n ironiese slotstrofe.
Miskien is jy reg:
Asblikke sing nie-
dit is slegs die wind
wat deur openinge waai.
Gaia het my nie lief nie-
die wit vloei van energie
is slegs die self-projektering
van bewussyn.
Kerse is bloot was
en die volmaan klippies
wat ek by jou rekenaar gesit het,
kan nie negatiewe vibrasies absorbeer nie.
Jasmyn ruik nie vir jou soos seks nie
en die nommer van my naam
beteken nie idealis nie.
‘n Pentagram is ‘n sterretjie-
nie ‘n spektrum van kleur
wat alles (be)dek nie.
Hekse hoort in sprokies;
so-ook geloof.
Simbole blinddoek
‘n reeds breingespoelde spesie
en vryheid het geen reëls nie.
Tog sien jy ‘n boom
in ons skilpad-
argaïes, aards en wys.
Currently there are no comments related to "Eng Agnostikus". You have a special honor to be the first commenter. Thanks!
Welcome to Authspot, the spot for creative writing.
Read some stories and poems, and be sure to subscribe to our feed!