A poem in Afrikaans about the personification of wisdom. A prayer to become wise, to grow and receive knowledge without losing empathy or tolerance.

Sal jy my kroon met sterrereën-
my insluk, omring
met jou maanmandjie,
totdat ek ook swaar swanger 
met kennis is-
(naelstring in jou rus)
en mag die maan rooi
gejas word met stof,
sodat ek kan onthou
dat my ontstaan
modderig was?

Vrou wat op die waters
van see en uitspansel
loop,
sfeer binne sfeer skep.
Vloei hooggety deur my
met die wit punte
van duifvlerke.

(Ek wil die roering
van jou gedagtes
hoor)

Sophia wat op die pleine roep-
sal jy vir my ‘n vuurlelie pluk?

0
Liked it
Leave a Comment
comments powered by Disqus

Hi there!

Hello! Welcome to Authspot, the spot for creative writing.
Read some stories and poems, and be sure to subscribe to our feed!

Find the Spot

Loading