Afrikaanse gedig oor weerloosheid, verwerping en hoop.

Ek bring vir jou
’n ivyblaar
wat dungeskaaf
en winterweerloos
op my kaal handpalms rus,
soos ’n klein valdeurspinnekoppie
van gekamoefleerde troos
omdat ek nie kon wees 
wat jy wou hê nie.
Ek bring vanaand
uit die skaamtelose naaktheid
van my siel se dor landskap-
vir jou net n ivyblaar.

0
Liked it
Comments (0)

Currently there are no comments related to "Ivyblaar". You have a special honor to be the first commenter. Thanks!

Leave a Comment

Hi there!

Hello! Welcome to Authspot, the spot for creative writing.
Read some stories and poems, and be sure to subscribe to our feed!

Find the Spot

Loading