‘n Afrikaanse nolstalgiese gedig.

Ek tros nog bloureën vir jou
in die toegeklemde vuiste van herinnering-
voosgedruk in die klam, sweterige tonnelruimte
wat die rankerige kneusing
deur die litknope van kromsteelvingers stort.

Ek loog nog die brakgrond van my aarde
vir die stadige swel van jou olyfmond
teen die sagte koepelronding
wat spitspieke onder my sleutelbeen strek.

Ek weef nog vir jou ‘n swawelnes
met donsmoddervoering
op die hoeknate van jou plaasopstal
en klief met gesplete stertvere
deur die lug van migrerende drome.

Ek stoor nog winterneute
in my verskuilde akkerboomskoot
en bid dat jy eekhorinkie-versigtig
die valdeur van verlange toestoot.

0
Liked it
Comments (0)

Currently there are no comments related to "Verlange". You have a special honor to be the first commenter. Thanks!

Leave a Comment

Hi there!

Hello! Welcome to Authspot, the spot for creative writing.
Read some stories and poems, and be sure to subscribe to our feed!

Find the Spot

Loading