In Suid Afrika is ons mense gewoond aan die ou roetine van ‘n perfekte Saterdagaand,. mammies doen die inkopies en Pappies bel so lank ‘n pel, kinders smeek vir speelgoed, dan koop mammie maar eerder skoolgoed. Ouma bak so lank koekies vir Maandag se tuisnywerheid. Oupa sit op die stoep en rook sy pyp, met die kat op sy boep en die blinde hond by sy voet!

(Saterdag AAND, al die boere braai!)
Du’s Saterdagaand en wat doen die boere? Klap ‘n bier voor die vuur met ‘n vleisie wat lekker tan en boeremusiek wat skreeu in die agtergrond. Kinders hardloop rond en die hond jaag die kat op en af. Ouma sit koekies in sakkies met gekleurde linte, Oupa vloek want sy tabak is op die stoep, “PIETER” bring oupie se pyp en tabak ek kan nie op met hierdie boep. Dus die normale gesin se aktiwiteite op ‘n Saterdagaand.
Kom bel nog een pel, ja kom oor bring sommer nog ‘n pel, ons kuier vanaand. Almal kuier lekker saam een bier nog een pel, vat daar is meer as genoeg, onthou net as jul huistoe gaan om die “doggy bag” saam te neem, vir die oggend se honger pyne. Nag mense sê Oumie ons gaan maar in-kruip, “Kom Pa ons gaan lê” wie waar hoe nou natuurlik het oupa weer weg geduik op die bank se lening. Die boere-musiek skreeu, ma en die girls raak nou los, een gruip die ander en gee een of twee ‘steps’ Pa skreeu vir Oom Jan ‘hy pel bring nog ‘n bier’ en als gaan te lekker tot op die laaste uur van die Saterdagaand. Totsiens, totsiens almal se ma en pa, soos die mense daar weg trek, begin ma die blikkies op tel en pa die swart sakke by mekaar tel, papier borde vurke messe hiers nog ‘n vol bier, ag nee kyk hier, nog ‘n glas gebreuk. Ma hou al klaar die kop vas en Pa se kom ma ons gaan in- kruip.
Sewe uur gaan die weker af, pa en ma word wakker, kry die grandpa poeier. Dus Sondag more, kom kinder kom, jul gaan laat wees die Sondagskool begin. Ouma voel nie lekker sy sal so-lank die kos begin. Oupa bestuur, Pa hou sy kop vas en ma babbel aan een, oor gisteraand se katte-jag. Almal kom by die huis na kerk, die tafel is klaar gedek, ouma se lekker gebakte hoender, pampoen met kaneel, geel rys, en gebakte artapels, niemand kan so kook soos oumas nie. Almal eet ‘uiteindelik’ bietjie stilte, pa sê dit was nou lekker, wat eet ons vir poeding, dan staan oumie maar op en ruk die dadel poeding uit die oond gooi lekker vlae en druk die bord onder pa se neus.
Magies vol ogies trek toe, almal gaan lê skyns vir ons sondag middag slappie. Vyf uur skrik die laaste een wakker, gaan bad, gaan bad, stryk skool klere waar is my kous en my skoolskoen. Nege uur kom almal weer tot ruste. Morê is Maandag OOO Pa ons moet nog die betaal, ja daar begin die probleme weer van vooraf. Vyf uur gaan die weker af, kom boetie en sussier hier is jul pap, trek aan oupa sit al in die kar. Dus nie ‘n gewone Maandag die nie, Dus ‘n blou blou Maandag. Als loop verkeerd by die werk. Ouma bel oupa het die kar gebreek. En die hele week gaan maar aan soos die vorige nare week. Hi julle dus weer Saterdagaand. Die ou roetine van die Suid Afrikaanse Boere, begin weer van voor-af.
Ons kan net Dankie sê vir die ou Saterdagaand. Mensies wees maar lekker geselig, en geniet jul Saterdagaand, onthou net more is Sondag eendag nader aan Maandag.
Kom sê kom sê wie het ‘n grandpa nodig.
Linda Lubbe
Currently there are no comments related to "&Lsquo;n Stukkie in Afrikaans &Ndash; DUS Lekker Saterdagaand!". You have a special honor to be the first commenter. Thanks!
Welcome to Authspot, the spot for creative writing.
Read some stories and poems, and be sure to subscribe to our feed!